Maleo en Sekoekoeni
|
|
Vertaal
uit die Duits van Th. Wangemann deur J.F.W. Grosskopf. Uitgegee
en toegelig deur G.P.J. Trümpelmann. With an English summary by
A. Ravenscroft. Alexander Merensky |
|
Dr
Theodor Wangemann was a
director of the Berlin Missionary Society who came out to Sekoekoeni |
|
Toe word die koning toornig en hy skreeu: ,,Ek het
jon nie geroep nie. Dit was kommandant Nel gewees. Ek het niks met die kerk te
doen nie. Wie is God? Ek—ek is God. Ekke!”
Maar nou word ook die sendeling toornig in die gees,
en hy roep uit: ,,Maléo, hier vandag voor jou hele volk sę ek vir jou: Die dag
sal kom wanneer jy God sal sien! Hy sal jou nog baie anders slaan as wat jy
vandag jou mense geslaan het. Eendag sal ek jou aan hierdie dag herinner en dat
ek dit vir jou gesę het!”
Sulke woorde wou die koning nie voor sy eie volk hoor
nie. Dus stnur hy hulle weg, en bars toe met hoon uit in die woorde: ,,Ek sal
hulle doodmaak, die laaste een! Dood, ja dood sal ek hulle
maak. En jy! Wat soek jy her? Vat jou wa en trap! Ek het jou nie nodig nie.”
Sonder om te groet, draai Grützner om en keer terug
na sy huis. Hier slaan hy die Bybel oop en vind die woorde: ,,Toen Daniel uit
den kuil opgetrokken was, zoo werd er geene schade aan hem gevonden, dewijl
hij in zijnen God geloofd had. Toen beval de koning, en zij brachten die mannen
voor, die Daniel overluid beschuldigd hadden, en zij wierpen in den kuil der
leeuwen hen, hunne kinderen en hunne vrouwen.” (Daniel 6, 24 en volg.)
Nog ‘n kort rustydjie sou daar wees voordat die
toorn-onweer sou losbars. Die Boere het al lankal die dubbelsinnige gedrag van
Maléo met wantroue waargeneem en stuur toe ‘n afvaardiging na die koning om hom
te waarsku. Hiervoor het hulle ook Grützner bygeroep. Toe Maléo hom by die
ander sien, stap hy na hom toe en hy se: ,,Ag, dit kry jy mos dikwels dat twee
wat bymekaar woon, en nogal lief is vir mekaar, twis kry. Maar as dit
oor is, dan is dit ook weer
reg. Ons twee het mekaar bietjie
sleggesę. Maar vandag is dit mos
verby. Wat my
betref7 ek het dit ook nie regtig gemeen nie.”
—Oor
hierdie woorde van die koning het al die omsittendes in lofuitinge uitgebars:
,,Ja, groot leeu! —Ja, wilde dier!”
Die eerskomende Sondag 18 Oktober, kon die broeders
nou in alle lieflikheid vier. Die gelowiges het almal na die diens gekom. Hulle
was reg so innig in die gebed versamel en die sendeling het so uit innerlike beweging van sy hart die
Woord aan hulle verkondig. Die aand het hulle nog met vreugde in hulle
groentetuin gewandel waar alles weelderig gespruit het. Vir hulle was dit ‘n
lieflike beeld van hulle sendingarbeid.
Maar toe hulle juis tot die aandgebed vir hulle wou
verenig, toe ritsel iets daarbuite. En daar steek, by die half-ope deur, Tsjoekoedoe
sy eerlike gesig binne, en hy roep: ,,Moenie slaap vannag nie. Mapog se volk
wil kom om julle beeste te steel !“ Hy het met lewensgevaar gekom om hierdie
boodskap te bring.
Stom van verbasing kyk die broeders mekaar aan. Gou
word die vee in veiligheid gebring en Grützner gaan op wag met die gelaaide
geweer. Verskrik sien hy ‘n bos aan vir ‘n Kaffer wat nader sluip. Hy trek die
geweer af. Dit alarmeer die diensvolk wat dadeiik aangedraf kom om die leraar
te help. Die skoot het egter die rowers, wat al naby was, afgeskrik. In
nagtelike krygsraad word toe besluit om die diere na die naaste Boerelaer in
veiligheid te bring.
Die laaste vriendelikheid van Maléo was geveinsdheid
gewees. In die geheim het hy lankal met Mapog saamgespan en nou waar hy klaar staan
om saam met hom die Boere aan te val, het hy hom ook die weg gewys om ons
stasie uit te plunder.
Mapog is die reeds herhaaldelik genoemde
Matebeleopperhoof wat, al was hy tweemaal so sterk soos Maléo, tog net soos hy
afhanklik was van die Boerebewind. Ook hy het al lank gewag op die dag wanneer
hy die gehate juk sou kon afskud. Hyself is beveilig deur die volkome
onneembare rotsskuilplek wat hy met sy volk bewoon.
Mapog se rotsberg staan naamlik in verbinding met ‘n
lang bergrant waarvan dit die uitloper is. Hy kan dus nie van al die kante
beleer word nie. Die berg bestaan uit kale kliphange en dra net op een plek,
halfpad op, ‘n menigte van groot bome wat sorgvuldig opgepas word. Deur
oliebome (,,Ricinus”), turksvye en klimopplante is die ruigte ondeurdringbaar
gemaak. Hier is Mapog se eie tuiste, en neffens die ‘n groot spelonk, wyd
genoeg om al sy vee by ‘n vyandelike aanval te kan opneem. Orals rondom staan
die Kaffers se hutte, maar van onder kan jy van hulle niks sien nie omdat
iedereen van hulle gedek is deur ‘n klipskans. Lopende water op die berg
beskerm sy verdedigers teen dors as hulle moontlik beleër word.
Vanuit hierdie kransnes het die gevaarlike rower baie
rooftogte onderneem, en iedere keer sy buit in veiligheid gebring. Oorspronklik
ook onderdanig aan Sekoekoeni, het by hom van die losgemaak en selfs dikwels sy
buitekrale geplunder. Aan veldkornet Holzhausen wat hom eenmaal sestien koeie
beboet het, het by toe met groetnis Iaat weet: ,,Jy het sestien koeie van my
gevat; ek het hulle nie aan jou gegee nie. Jy kan hulle opeet. Maar ek vra net:
Bęre die bene mooi; eendag kom ek hulle weer haal.” Nou kon die Boere weet hoe
die wind waai.
Deur belangegemeenskap het Maléo aan Mapog al hoe
nouer verbonde geraak. Graag het hy sy leiding gevolg. ,,Mapog is my vader
Mapog is my god!” kon ‘n mens hom dikwels
hoor sę. Dit was sy droom om, in vennootskap met hierdie
vermetele opperhoof, Sekoekoeni dood te maak en die Boere te verdryf.
En eindelik, toe daar geen twyfel meer kon bestaan
aangaande die bondgenootskap tussen die twee kapteins nie, het die Boere
besluit