Steyn-briewe

 CHRIS VD MERWE  - LAUNCH IN BLOEMFONTEIN

In my capacity as translator, I will speak in English as well as Afrikaans.

Unlike Elizabeth and Con, my connection with Steyn is not a Free State one, but a literary one. Through Die pluimsaad waai ver (‘The seeds spread widely’), a drama by N P van Wyk Louw, my interest in Steyn increased greatly. Steyn is a main character in the play, and Louw depicts Steyn as a role model for Afrikaners – not Paul Kruger, who was regarded by most Afrikaners of the time as the suffering hero of the Anglo Boer War. Louw appreciated in Steyn the combination of broadmindedness and loyalty to his people. Unlike Kruger, who went into exile, Steyn remained on the battle field until the end of the war. Unlike Kruger, Steyn was an educated man; he was less conservative, and had good relationships outside Afrikaner circles – but he was also unwavering in his loyalty to Afrikaner independence and freedom and in his opposition to (what he saw as) grave British injustice.

Steyn was vir Van Wyk Louw ʼn toonbeeld van ‘Liberale nasionalisme’, ʼn konsep waarin Louw sterk geglo het; ʼn konsep wat twee skynbaar teenoorgestelde kenmerke bymekaar bring, naamlik ‘liberalisme’ en ‘nasionalisme’.

While I translated the letters, the relevance of Steyn’s letters for the present South Africa became clear to me. Steyn realised the importance of education for the well-being of his people. Today we need to realise the vital importance of education again; although we should broaden Steyn’s view of education to include all the people of the country.

Ons moet weet: Na die oorlog was Steyn se mense in ʼn haglike situasie – arm, verslaan, verslae. Hy het geweet opvoeding is die sleutel tot heropbou. Hy was in sonderheid bekommerd oor die lot van Afrikaner-meisies, want daar was geen Nederlandse meisieskool in die Vrystaat nie. Opvoeding was vir hom uiters belangrik, nie net vir seuns nie, maar ook vir meisies. Daarom het hy die inisiatief geneem met die stigting van die Oranje Meisieskool in Bloemfontein.

Steyn was in favour of mother tongue education – he feared that Afrikaner culture and identity would be overwhelmed if English would become the sole language of communication in the schools and government. He was convinced of the richness of his Dutch heritage, of its language and culture, and passionate in maintaining it. He argued for the equality of Dutch and English as official languages, because, as Howard Phillips mentioned in his Foreword: Steyn believed, once the Afrikaners’ fear of being overwhelmed by English were removed, the relationship between the two language groups would improve greatly.

Steyn wrote his letters in Dutch, English and Afrikaans, depending on the recipient. He did not make a choice between Dutch and Afrikaans – he did not enter into the debate among Afrikaners on the desirability of Standard Dutch, Simplified Dutch or a developing new language, Afrikaans. The important point for him was to maintain Afrikaner identity, which was linked to language, and both Afrikaans and Dutch could serve that purpose.

To some of his friends, especially Jaap de Villiers, Steyn wrote in Afrikaans. Thereby he showed his sympathy for the developing language, although he is sometimes uncertain about the correct use of Afrikaans.

Ons moet onthou: Sy Afrikaanse briewe is geskryf aan die begin van die 20ste eeu – lank voor die standaardisasie van Afrikaans, en slegs aan die begin van ontwikkelinge wat later die Tweede Afrikaanse Taalbeweging genoem sou word. Afrikaans was nog nie gestandaardiseer nie; daar was nog geen eenstemmigheid oor taalreëls nie. Wanneer hy skryf aan Jaap de Villiers, regsgeleerde en politikus in die Transvaal, soek hy soms hulp vir die regte skryfwyse in Afrikaans; hy is onseker oor die korrekte formulering en spelling. Uit vandag se oogpunt sou ons sê hy skryf ʼn mengsel van Afrikaans en Nederlands, soekend na die korrekte skryfwyse. Dit sien ons onder andere in brief 23 (pp. 61-62), wat hy so afsluit:

‘Soos jy sien is my Afrikaans nog een beekie deur makaar. Wat maak jelle met de z en ch. Gooi jelle hulle weg. Ik schryf nou niet meer nie. Ons zal later praat.’

Brief 51, ook in Afrikaans aan Jaap de Villiers, eindig soos volg:

‘Trap vas en hou jullie lyf renosters. Julli zal nou van alles beschuldig word wat onder de zon  is. Pasop net voor eeretitels, dit zal meer breek dan iets anders’ (pp.109-110).

‘Pasop net voor eeretitels’ – beware of honorary titles.  Steyn was not someone who strived after honour or riches; his main concern was to remain true to his principles. Today there may be difference of opinion about the choices that Steyn made; there may be criticism against ideological views of his time which he shared; but there can be no doubt about his integrity – the integrity which is so sadly lacking in present South African politics. To return to Van Wyk Louw’s drama and the ‘liberal nationalism’ he found in Steyn: Steyn could play a vital role at the National Convention because he was liberal in his communication with people of different backgrounds and opinions; but he was also influential because he was respected by all, even by those who did not share his nationalism – respected for his suffering and self-sacrifice for the cause in which he believed.

 

CON DE WET SE TOESPRAAK TYDENS DIE ALGEMENE JAARVERGADERING – NOV 2017

 

Die rede hoekom ek besluit het om Steyn se korrespondensie te publiseer was omdat ek gevoel het dat Steyn nie altyd die aandag wat hy verdien in die geskiedskrywing gekry het nie. Na my mening is die rede daarvoor dat hy gedurende sy hele openbare lewe in die skaduwee van pres. Paul Kruger gelewe het. Ek was bly om te sien dat prof. M.C.E. van Schoor daarmee saamgestem het, want in die voorwoord van sy biografie van Steyn, Marthinus Theunis Steyn. Regsman, staatsman en volksman, wat in 2009 verskyn het, skryf hy dat 'n moontlike rede daarvoor dalk is dat pres. Steyn te lank "in die skaduwee van die oormatige verheerliking van pres. Kruger gestaan het" en dat inligting oor horn in Afrikaans, naas die twee toe nog enigste biografiee van Steyn, naamlik N.J. van der Merwe se Marthinus Theunis Steyn- (1921) - en Karel Schoeman, In lie/de en trou (1983), slegs in verspreide tydskrif- en koerantartikels, radiopraatjies en hoorbeelde te vinde was.

 

Hopelik sal hierdie publikasie van Steyn se korrespondensie die leser help om 'n veel beter begrip te vorm van die mens Marthinus Theunis Steyn. Hy word algemeen beskou as 'n vegter vir die regte van die Afrikaner-gemeenskap, en dit was hy beslis. Maar uit sy  korrespondensie en sy gesinslewe is dit ook duidelik dat hy ander volksgroepe en gemeenskappe 'n regmatige plek gegun om hulle oortuigings uit te leef. Die duidelikste voorbeeld daarvan is sy huwelik en gesinslewe. Hy is in 1887 met Rachel Isabella (Tibbie) Fraser getroud. Haar oupa, ds. Colin Fraser, was een van die Skotse predikante wat in 1815 na die Kaapkolonie gekom het en was die predikant van die N.G. gemeente Beaufort-Wes. Haar vader, ook Colin Fraser, was die leraar van die N.G. gemeente van Philippolis. Daar het 'n besondere sterk liefdesband binne die Steyn-gesin bestaan, maar tog het elke lid van die gesin die vryheid geniet om sy/haar lewensideale uit te leef. Mev. Steyn het byvoorbeeld in Engels met die kinders gekorrespondeer  en pres. Steyn in Nederlands. Hoewel dit onder die Afrikaners die gebruik was dat die oudste seun van die gesin na die oupa aan vaderskant vernoem is, is die Steyns se oudste en enigste seun na sy oupa aan moederskant vernoem - Colin Fraser Steyn. Dit is ook opmerklik dat Steyn en sy eggenote 'n groot invloed op die kinders uitgeoefen het, want hoewel hulle later jare uiteenlopende politieke menings gehuldig het, is die gesinsband nooit verbreek nie.

 

Nadat die Britte Bloemfontein in Maart 1900 verower het, het Steyn en sy regering as die sogenaamde Regering te velde saam met die Vrystaatse strydmagte die stryd voortgesit. By Reitz is die meeste van hulle egter gevange geneem, maar Steyn het ontsnap danksy sy swart agterryer wat sy perd aan die president gegee het om te ontvlug. Die ontberings het egter sy lot van Steyn geeis en op 30 Mei 1902, 'n dag voor die ondertekening van die Vredesverdrag van Vereeniging, het hy uitgetree as president en genl. De Wet as waarnemende president benoem. Op 11 Julie 1902 het hy en sy gesin na Europa vertrek om daar mediese behandeling te ontvang. In Januarie 1905 het die gesin na Suid-Afrika teruggekeer en hulle op hulle plaas Onze Rust naby Bloemfontein gaan vestig. Hoewel hy tot met sy dood in 1916 nie meer aktief in die politiek betrokke was nie, het hy nogtans op versoek van verskeie persone tog ingestem om in 1908-1910 as ondervoorsitter van die Nasionale Konvensie, waaruit die Unie van Suid-Afrika op 31 Mei 1910 ontstaan het, op te tree.

 

Steyn se korrespondente het 'n groot getal beroemde persone in Suid-Afrika en in Europa aan die begin van die 20ste eeu ingesluit. Hulle het ingesluit genl. C.F. Beyers, genl. Louis Botha, Jaap de Villiers, Abraham Fischer, genl. J.B.M. Hertzog, J.H. (Onse Jan) Hofmeyr, dr. W.J. Leyds, dr. N. Mansvelt, John X. Merriman en genl. J.C. Smuts. Merriman was een van Steyn se getrouste korrespondente en in die versameling is daar 85 briewe van horn en Steyn se antwoorde daarop. Ek vertrou dat hierdie publikasie die lig sal laat val op die belangrike rol wat Steyn in die geskiedenis van Suid-Afrika gespeel het.

 

Vergun my ook om my dank te betuig teenoor persone wat 'n belangrike bydrae gelewer het in die publikasie. Eerstens aan die Van Riebeeckvereniging en in die besonder die voorsitter, Howard Phillips, wat 'n allerbelangrike rol gespeel het in die tot standkoming van hierdie publikasie. Hy was van die begin af entoesiasties oor die projek en het 'n belangrike rol gespeel om die publikasie die lig te laat sien. Verder ook aan die mede-redakteur, Elizabeth van Heyningen, wat die finale afronding gedoen het en die manuskrip persklaar gemaak het. Ook aan Chris van der Merwe vir die vertaling van die Nederlandse briewe in Engels. En laastens, maar allermins die minste, aan my eggenoote, Blanche, en ons dogter, Sonja, vir hulle intense belangstelling in die hele proses en die ondersteuning en verdraagsaamheid wat ek deurentyd van hulle ontvang het. Aan julle almal my innige dank!