a


 
Tuisblad

Bedrywighede

Omtrent Ons

 Nuusbrief

Notule van Jaarvergadering

Publikasies

Bestel 'n Publikasie

Sluit aan by die Vereniging

Voorlegging van navorsings-voorstelle

Voorskrifte vir Redakteurs

Herdrukke

Skakels

Kontak Ons

Grondwet
 
 

a

  »»  TUISBLAD ««

Die Van Riebeeck-Vereniging is in 1918 gestig met die doel om oorspronklike bronne oor Suider-Afrikaanse geskiedenis in leesbare en genotvolle vorm aan te bied aan almal wat daarin belangstel. Sedertdien is, met enkele uitsonderings,  elke jaar ‘n volume gepubliseer. Die Vereniging is vir sy voortbestaan afhanklik van sy lede, wie se ledegeld die publikasies finansier; asook van die redakteurs, wat die volumes uitkies en redigeer. Die Vereniging se publikasies handhaaf ‘n hoë akademiese standaard en volumes wat uit druk is word waardevolle Africana.


 

Ons jongste publikasie is:

 

The South African letters of Thomas Pringle

Geredigeer en ingelei deur Randolph Vigne

ISBN: 978–0–9814264–2–6

 

Klik hier om die Additional Letters te lees

Klankbaan van 'n onderhoud met Randolph Vigne

 

 

South African Letters of Thomas Pringle. Geredigeer en ingelei deur  Randolph Vigne

Thomas Pringle (1789–1834) word in hierdie land onthou as die ‘vader van die Engelse poësie’, as leier van die enigste Skotse Setlaarsparty in 1820, en as ‘n kampvergter vir die vryheid van die pers. Hy het ‘n vroeëre loopbaan gehad as stigtersredakteur van die Blackwood’s Magazine in Edinburgh en ‘n later een as geleerde in London en sekretaris van die Anti-Slavery Society. Die afskaffing van slawerny het in Augustus 1834 in die Britse Ryk in werking getree. Kort daarna, in Desember 1834, is Pringle, ‘n teringlyer en kreupel van sy geboorte af, oorlede, net 45 jaar oud. In Kaapstad was hy aan die hoof van die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek; hy was ook, saam met sy vriend John Fairbairn, redakteur van die Kaap se tweeweeklikse, eerste onafhanklike nuusblad, en het ‘n suksesvolle ‘klassieke en kommersiële akademie’ gestig, totdat dit alles tot ‘n einde gebring is deur die vyandigheid van die goewerneur, Lord Charles Somerset. Hy het teruggeveg maar, finansieel geruďneer, het hy na sy loopbaan in Brittanje teruggekeer. Sy dokumente, na Kaapstad gestuur deur sy weduwee Margaret, het verlore geraak, maar briewe in ander versamelings wat hier behoue gebly het, roep die karakter, lewensuitkyk en Suid-Afrikaanse loopbaan op van ‘n prominente persoon in ons geskiedenis. Randolph Vigne het hierdie volume uitstekend geredigeer. Lees oor sy nuwe interpretasie van Pringle se rol as setlaar en kampvegter vir die vryheid van die pers en die afskaffing van slawerny.

2011 Algemene Jaarvergadering en Bekendstellings

Lees alles hieroor op ons Aktiwiteite-bladsy – ook oor die VIER bekendstellings van ons Pringle-volume!

Groot nuus!

Ons is nou op Facebook! Klik op  om u reaksies en kommentaar op hierdie nuwigheid te gee.

Ekstra-spesiale aanbod slegs vir lede - belaglike pryse!!

Om plek in ons stoor te maak, het ons besluit op ’n spesiale aanbod net aan ons lede: u mag enige van die VRV-volumes wat op die lys genoem is, bestel teen R50 posvry (binne Suid-Afrika) – so veel eksemplare as wat u wil, so lank as die voorraad hou! Verras u vriende en geliefdes met ‘n kosbare boek! Kontak Cora Ovens om bestellings te plaas by vanriebk@mweb.co.za of 021 423 8424 (Maandae, Woensdae of Vrydae 9.30 tot 13.30) of laat 'n boodskap as daar niemand in die kantoor is nie.

Geskenkbewyse

Vars van die pers! U kan nou iemand se hart bly maak met 'n geskenkbewys vir lidmaatskap van die Vereniging of 'n volume van die VRV -  vir 'n verjaardag, 'n huweliksherdenking, vir Kersfees, of sommer vir geen rede nie! Kontak ons kantoor vir besonderhede. Onthou, 'n geskenk-lidmaatskap vir 'n kind of kleinkind kan die begin wees van 'n lewenslange vriendskap met boeke.

Boekefees

Daar was nie 'n Boekefees vir 2011 beplan nie, maar ons sal in 2012, soos gewoonlik, daar wees. Kyk na ons Bedrywighede-bladsy vir die 2010 fees!