Die Van Riebeeck Vereniging vir die Publikasie van Suider-Afrikaanse Historiese Dokumente

 

Nuusbrief 35, Februarie 2010

 

Ekstra-spesiale 2010 aanbod – spotgoedkoop!!

Om plek te maak in ons voorraadkamer het ons besluit op 'n baie spesiale aanbieding vir ons lede. U mag enige van die volgende volumes bestel teen 'n koste van R50 posvry (slegs in Suid-Afrika) – soveel kopieλ as wat u wil, so lank die voorraad hou! Kontak Cora Ovens of plaas u bestellings by vanriebk@mweb.co.za of 021 423 8424 (Maandae, Woensdae en Vrydae, 9.30 tot 13.30 of laat 'n boodskap as niemand in die kantoor is nie).

 

Eerste Reeks

31. Letters of the American Missionaries, 1835-1838; edited by D.J. Kotzι

32. Die Konvensie-dagboek van Sy Edelagbare Franηois Stephanus Malan; uitgegee . . . deur Johann F. Preller

33. Die Dagboek van H.A.L. Hamelberg, 1855-71; uitgegee en toegelig . . . deur F.J. du T. Spies

35. The Narrative and Journal of Gerald McKiernan in South-West Africa during the years 1847-70; edited . . . by P. Serton.

36. Andrew Smith and Natal; documents relating to the early history of the Province, selected, edited and annotated by Percival R. Kirby.

37. The Cape Journals of Archdeacon N.J. Merriman, 1848-55; edited . . . by D.H. Varley and H.M. Matthew.

38. Maleo en Sekoekoeni, vertaal uit die Duits van Th. Wangemann deur J.F.W. Grosskopf; uitgegee en toegelig deur G.P.J. Trόmpelmann; with an English summary by A. Ravenscroft.

39 & 43. The Reminiscences of Sir Walter Stanford, edited . . . by J.W. Macquarrie. Vol. I, 1850-1885; Vol. II. 1885-1929

40. The Journal of Joseph Tindall, missionary in South-West Africa, 1839-55; edited . . . by B.A. Tindall.

41, 44. 47, 50. Selections from the Correspondence of J.X. Merriman, 1870-1890; 1890-1898; 1899-1904; 1905-1924; edited by Phyllis Lewsen.

48 & 49 Travels and Adventures in South Africa by George Thompson, 1823-24. Edited by Vernon S. Forbes. Vol. I & II

 

Tweede Reeks

8. Lawrence Richardson. Selected correspondence (1902-1903). Edited by Prof. Arthur M. Davey.

9. Selected Articles from the Cape Monthly Magazine (New Series 1870-76). Introduction and notes by A.M. Lewin Robinson

10. William Somerville's narrative of his journeys to the Eastern Cape frontier and to Lattakoe 1799-1802. Introduction and notes by Edna and Frank Bradlow

12. Selections from the correspondence of Percy Alport Molteno 1892-1914. Edited by Vivian Solomon.

13. Briefwisseling van Hendrik Swellengrebel Jr. oor Kaapse Sake 1779-1792. Uitgegee met inleiding en aantekeninge deur dr. G.J. Schutte. With an English summary by Dr A.J. Bφeseken assisted by Prof. H.M. Robertson

14. The Letters of Jane Elizabeth Waterston 1866-1905. Edited by Lucy Bean and Elizabeth B. van Heyningen with an introduction by Elizabeth B. van Heyningen.

15. The Garrett Papers, edited with an introduction by Gerald Shaw.

16. Johannesburg Pioneer Journals 1888-1909, edited by Maryna Fraser.

19. The Frontier War Journal of Major John Crealock, edited and introduced by Chris Hummel.

21. The Commissions of W. C. Palgrave Special Emissary to South West Africa, 1876-1885, edited and introduced by E. L. P. Stals.

22. Guillaume Chenu de Chalezac, the `French Boy', edited and introduced by Randolph Vigne  

23. Johan August Wahlberg: Travel Journal and letters from, South Africa, Namibia and Botswana, 1838-1856, edited and introduced by Chris Hummel and Adrian Craig

25. Griqua Records, the Philippolis Captaincy, 1825-1861, compiled and edited by Karel Schoeman.

27.Norwegian missionaries in Natal and Zululand: selected correspondence (1844-1900), edited by Frederick Hale.

31. A Canadian Mounted Rifleman at War, 1899-1902: the reminiscences of A. E. Hilder, edited by A. G. Morris

32. The War Diary of Burgher Jack Lane, 1899-1900, edited by William Lane.

33. Sir Graham Bower's Secret History of the Jameson Raid and the South African Crisis, 1895-1902, edited by Deryck Schreuder and Jeffrey Butler.

35. Moravians in the Eastern Cape, 1828-1928: Four accounts of Moravian Mission Work on the Eastern Cape Frontier. Tr. by F.R. Baudert, edited by T.Keegan.

36. Trials of Slavery, Selected Documents Concerning Slaves from the Criminal Records of the Council of Justice at the Cape of Good Hope, 1705-1794, edited by Nigel Worden and Gerald Groenewald.

 

Skype

Ons kan nou Skype, en u kan op Maandae, Woensdae en Vrydae van 9.30 tot 13.30 (Suid-Afrikaanse tyd!) met my gesels. Ons adres is Van Riebeeck Society, Suid-Afrika en, indien u verdere identifikasie nodig het, ons telefoonnommer is +27 21 423 8424.

 

Geen kredietkaart-fasiliteite meer nie

Lede, let op asb – dit spyt ons dat ons nie meer kredietkaart-fasiliteite aan u kan bied nie. Elektroniese betalings word egter al hoe gewilder by ons lede. Indien u internet-transaksies doen, onthou net asb om u naam by die betaling te voeg – "Ledegeld 2010" is nie voldoende om u te identifiseer nie!

 

Kaapse Internasionale Boekefees

Ons is weer by die Boekefees (hierdie jaar van Vrydag 30 Julie tot Maandag 2 Augustus, om nie met die Wκreldbeker te bots nie). Soos gewoonlik, vra ek vir brawe, edele, voortreflike vrywilligers. Kontak my asb per epos of telefoon as u beskikbaar is: (vanriebk@mweb.co.za of 021 423 8424) – u kry gratis toegang tot die Fees en het boonop 'n hele klomp pret.

 

Verslag van die 90ste Algemene Jaarvergadering van die VRV, 29 Oktober 2009

Ons 90ste Algemene Jaarvergadering is op 29 Oktober 2009 in die Sentrum vir die Boek gehou. Die meer as 60 aanwesiges het verneem dat ons finansiλle posisie gesond is, dat ons 95 nuwe lede bygekry het, en dat ons totale ledetal op 1199 staan. Met die oog op diι getal het die voorsitter, professor Howard Phillips, die aanwesiges aangespoor om voor die einde van die aand nog 'n lid te werf – en die aansporing het gehelp, want voor die einde van die verrigtinge het die Vereniging se ledetal op 1201 gestaan!

In sy jaarverslag kon prof Phillips terugkyk op 'n besondere jaar, gekenmerk deur verbeeldingryke inisiatief en energie. Voorbeelde hiervan is onder andere: 'n tweede bekendstelling van ons 2008-volume in Grahamstad; 'n Somerskool-kursus oor vyf VRV-volumes by die Universiteit van Kaapstad; stalletjies by sewe konferensies en boekefeeste in Kaapstad, Stellenbosch, Pretoria, Pietermaritzburg en Montreal; 'n Johannesburgse radiostasie se uurlange onderhoud oor die Vereniging; en 'n eerste bekendstelling van ons 2009-volume by 'n konferensie in Pietermaritzburg ter herdenking van die twintigjarige bestaan van die Alan Paton Centre. Die VRV se teenwoordigheid by hierdie geleenhtede het nie net gehelp met die werwing van nuwe lede nie, maar ook gelei tot die verkoop van meer as 200 van ons volumes aan nie-lede. Vir hul waardevolle bydrae tot die sukses van hierdie pogings het die voorsitter al die  vrywilligers bedank, veral diι van hulle wat op die Raad van die Vereniging dien.

Met manuskripte wat mekaar as 't ware in die pyplyn verdring, het hy vooruitgekyk na 'n ryke oes van fassinerende VRV-volumes in die komende jare. Die vooruitsig op hierdie volumes, glo hy, kan ons ledetal opstoot na ons volgende teiken, 1250 – 'n syfer wat die Vereniging laas in 1995 gehad het.

Nα die jaarvergadering het 'n aantal spesiale gaste by ons aangesluit vir die bekendstelling van ons 2009- volume, Alan Paton: Selected Letters. Aangesien die redakteur van die volume, professor Peter Alexander, in Sydney woon, is die toesprake gemaak deur twee persone wat heeltemal verskillende bande met Paton het – sy ouer seun, dr David Paton, en 'n lewenslange vriend, mnr Tony Morphet. 'n Kopie van die volume is oorhandig aan dr Paton se dogter Carol, wat ook in die gehoor was.

 

Nuwe Lede

Caroline Jeannerat van Westdene, Jhb; Ryan Rutherford van Durbanville (geskenk-lidmaatskap van W A Neethling); Alet Greybe van Pinegowrie; Kristen Larkind van Kyalami; Zandile Motha van Eldoradopark; en Nicole Naude van Randparkrif (die laaste drie gelukkige mense het geskenk-registrasies van Gerald Groenewald ontvang); Stephen de la Harpe of Potchefstroom; Chris Roux van Hopetown; A E Loubser van George, Valerie Irons van Edenvale; Bruce Dunlop van Glen Ashley ('n geskenk van mev E M Batten); Jolyon en Jean Nuttall  van Nuweland; Eddie Buitenbos van Somerset-Wes; Barry Firth van Heathfields en Marianne Gertenbach van Vredehoek (wat aangesluit het by die Algemene Jaarvergadeing en die bekendstelling van die Paton-volume); Mike Mulcahy van Somerset-Wes; Jan Henry Muller van Rondebosch; Hendrik Taljaard van Ceres; Eduan Swanepoel van Swellendam; Jeanne Maartens van die Paarl; David Paton van Randburg; J D Berens van Pringlebaai; P Bromley van Pumula; Tony Battaglene van Canberra, Australiλ; William Shepley van Cobourg, Kanada; Christopher Cook van Oos-London.

 

In Memoriam

Mnr G S Hofmeyr van Somerset Wes; Prof L M Thompson van Yale Universiteit

 

Versoek aan lede van Potchefstroom, Oudtshoorn en Grahamstad

In die loop van die jaar word literκre feeste gehou in Oudtshoorn, Potchefstroom en Grahamstad, en ons sal dit werklik waardeer as plaaslike VRV-lede sal help om die Vereniging daar bekend te stel, byvoorbeeld deur die uitdeel van 'n inligtingsblaadjie en/of aansoekvorms. Miskien is u selfs dapper genoeg om 'n kort praatjie oor die VRV te hou? Kontak Cora Ovens vir advies en hulp by vanriebk@mweb.co.za of 021 423 8424 (Maandae, Woensdae en Vrydae 9.30 tot 13.30).

 

Aanvraag vir volumes uit die Eerste Reeks

Mev Ione Rudner wil graag die volgend volumes uit die Eerste Reeks bekom: 7, 9, 10, 11, 13, 14, 16, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 26, 27, 29. Kontak haar asb direk by 021 712 3060.

 

Volumes te koop

Mev Gillian Knight bied Reeks I, vols 48, 49 & 50, en Reeks II, vols 1-33 aan vir verkoop. Kontak haar asb direk by 021 782 2223.

 

Herdrukke

In ooreenstemming met die behoeftes van ons lede, soos blyk uit ons opname van 2007, het ons besluit om vanjaar die volgende twee volumes te herdruk, in die nou reeds bekende ylblou sagteband-formaat:

Eerste Reeks, vol 12: Journals of the expedition of the Honourable Ensign Olof Bergh [1682 and 1683] and Isaq Schrijver [1689]; transcribed and translated into English and edited . . . by Dr E.E. Mossop.

Eerste Reeks, vol 15: The Journal of Hendrik Jacob Wikar [1799] with an English translation by A.W. van der Horst; and the Journals of Jacobus Coetse Jansz [1760] and Willem van Reenen [1791] translated and edited by Dr E.E. Mossop.

Hierdie opwindende duo word teen 'n spesiale gesamentlike prys van R240 aangebied. Enkele kopieλ kos R120 vir vol 12 en R130 vir vol 15. Onthou asb om pos- en verpakkingsgeld van R25 vir die stel by te voeg, en R20 vir 'n enkele kopie. U vind 'n bestelvorm op die agterkant van bladsy 3 van hierdie nuusbrief.

En dan terugvoering oor die hardeband 3-volume stel van die  dagboeke van Jan van Riebeeck – ons het αl vyftig kopieλ voor die einde van verlede jaar verkoop. Ek het verskeie navrae ontvang van lede en nie-lede wat ook graag kopieλ daarvan wil hκ, maar ek moet ten minste tien definitiewe bestellings (vooruit betaal, R600 plus posgeld van R50 vir lede) voordat ek die stel kan herdruk. Laat my asb weet as u 'n stel wil bestel.

 

Skenkings

Ons wil graag diegene hartlik bedank wat in 2009 geld aan die Vereniging gesken het. U vrygewigheid word innig waardeer.

 

Nuwe uitgawe

Een van ons lede, mnr Alkis Doucakis, is byna klaar met 'n tweede uitgawe van die volgende boek: History of north-eastern Johannesburg. Dit gee onder andere inligting oor die woonplekke van Ghandi, die sjah van Iran en die Joegoslaafse koninklike familie; die depot vir vars perde; die Indiλr-monument; vleilande; en pionier ballon- en lugvaart. Meer as 200 kleurfoto's; meer as 200 bladsye, 2e uitgawe ongeveer R380. Bespreek 'n kopie deur Nancy te kontak, 011 402 7141; doucakis@cybertrade.co.za

 

 

 

 

 

 

Saamgestel deur Cora Ovens & Howard Phillips. Afrikaans deur Chris van der Merwe.

Van Riebeeck-Vereniging, Posbus 15151, VLAEBERG, 8018, Suid-Afrika.

Sentrum vir die Boek, Koningin Victoriastraat 62, KAAPSTAD, 8000, Suid-Afrika.

Tel: +27 (0)21 423-8424 Faks: 086 670 9828

E-pos: vanriebk@mweb.co.za.   Webwerf: www.vanriebeecksociety.co.za

 

BESTELVORM VIR VRV HERDRUK-REEKS

 (Voltooi asb hierdie vorm en stuur dit met u betaling aan: Die Sekretariaat, Posbus 15151, Vlaeberg, 8018, Suid-Afrika)

 

NAAM………………………………………………………………………………………………………..………………...

 

ADRESS…………………………………………………. …………………………………………………………………….

 

…………………………………………………………………………………………………………………………………...

 

……………………………………………………………………………………………………………………………….…

 

……………………………………………………………………………………………………………………………….....

 

EPOS……………………………………………………………………………………………………………...................….

 

TELEFOONNOMMER(S)………………………………………………………………………………………………........

 

VOLUME(S) BESTEL (Naam van volume(s) in drukskrif asb) …….......................................................................................

 

………………………………………………………………………………………………………………………….............

 

…………………………………………………………………………………………………………………………...............

 

…………………………………………………………………………………………………………………………...............

 

…………………………………………………………………………………………………………………………………..

 

…………………………………………………………………………………………………………………………………..

 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ons aanvaar dat u slegs een kopie van elke volume verlang. Indien addisionele kopieλ verlang word, dui dit asb duidelik aan en maak die betaling dienooreenkomstig.

 

Posgeld: Indien u meer as een herdruk bestel (die Van Riebeeck-dagboeke uitgesluit), reken tot drie herdrukke per pakkie. Elke 3-volume pakkie kos ongeveer R35 om te verpak en te pos.

 

TOTAAL INGESLUIT (sluit asb posgeld in): ………………………………………………………………………..............

 

Of deponeer die bedrag direk in ons  bankrekening:

Standard Bank

Adderleystraat, Kaapstad

Takkode (02 000 9)

Rekeningnommer – 07 051 2035

Naam van rekening – Van Riebeeck Society

As u 'n direkte deposito maak, faks ons asb bewys van betaling by 086 670 9828

 

NB. Herdrukke reeds beskikbaar:

Reeks I                                                                                  Reeks II

Vol 1: Chavonne/Van Imhoff (R75)                                              Vols 6 & 7 Sparrman vols 1 & 2 (R80 each)

Vol 2: Mentzel: Alleman (R75)

Vol 3: De Mist (R110)

Vols 4,6,25 Mentzel: Cape… vols 1,2,3 (R75, R75, R120)

Vol 5: Collectanea (R75)

Nuut: Herdruk Reeks I                                                      Van Riebeeck-dagboeke vols I, II, III (R600+R50 posgeld)

Vol 12: Bergh (R120)  ┐ stel R240

Vol 15: Wikar (R130)   

 

PLUS POSGELD!!