| a |
Tuisblad
Bedrywighede
Nuusbrief
Notule van Jaarvergadering
Publikasies
Bestel 'n
Publikasie
Sluit aan by die
Vereniging
Voorlegging van navorsings-voorstelle
Voorskrifte vir
Redakteurs
Herdrukke
Skakels
Kontak Ons
Grondwet
|
a |
»»
OMTRENT ONS ««
Die Van
Riebeeck-Vereniging is in 1918 gestig om primêre bronne oor die
Suid-Afrikaanse geskiedenis te publiseer wat vir die gewone
Suid-Afrikaanse leser moeilik bekombaar is. Sedert sy stigting het
die Vereniging nog elke jaar 'n boek gepubliseer.
In 1918, na 'n Wêreldoorlog
wat ou vyandskappe uit die oorlog van 1899-1902 weer laat opvlam
het, het blanke
Suid-Afrikaners hul beywer vir die vorming van 'n gemeenskaplike
identiteit. 'n Aantal organisasies
en instellings is gestig vir die bevordering van 'n nasionale
identiteit wat die verdeeldheid tussen Afrikaans- en Engelssprekende
Suid-Afrikaners sou oorkom. Een van die vrugbaarste bronne vir die
skepping van so 'n identiteit was die blanke setlaarserfenis, in
sonderheid die
Kaaps-Hollandse erfenis met sy kenmerkende argitektuur. Die Van
Riebeeck- Vereniging het uit hierdie beweging ontstaan en baie van
sy boeke weerspieël hierdie oorsprong Maar sommige van sy
publikasies het ook 'n beduidende bydrae gelewer tot ons kennis van
die geskiedenis van die Khoi, die slawe en die Afrikane van
Suid-Afrika.
Die
oorsprong van die Vereniging
Die Vereniging is gestig
in die Nasionale Biblioteek van
Suid-Afrika (Suid-Afrikaanse Biblioteek) in Kaapstad, en dit
het steeds noue bande met hierdie biblioteek behou. Die Van
Riebeeck-Vereniging het sy ontstaan veral aan twee mense te danke
– A C G Lloyd, bibliotekaris van die Suid-Afrikaanse Openbare
Biblioteek, en John X Merriman, vroeër premier van die Kaapkolonie
en 'n Trustee van die Biblioteek.
Die stimulus vir die
stigting van die Vereniging was Lloyd se ontdekking, in November
1911, van 'n lang fragment uit Adam Tas se dagboek van 1704. As
leier van die vryburgers wat in opstand gekom het teen die korrupte goewerneur van die VOC, Willem
Adriaan van der Stel, het Tas vir baie mense die stryd teen die
koloniale juk gesimboliseer, wat van sentrale belang kon wees vir
die opbou van 'n nasionale identiteit. Die Trustees van die
Biblioteek, onder leiding van Merriman, het geld ingesamel vir die
publikasie van die dagboek, en dit het in 1914 verskyn onder
redaksie van professor Leo Fouché.
Aangesien nie al die
geld uit die publikasiefonds gebruik is nie, het die Trustees van
die Biblioteek vervolgens besluit om Baron van Pallandt se Algemene
Opmerkings oor die Kaap die Goeie Hoop te publiseer – 'n moeilik
bekombare bron, verbied deur De Mist in 1803. Pallandt is in 1917
gepubliseer en het die skerp afkeer van die destydse premier,
generaal Hertzog, gewek. Hy is veral geïrriteer deur die passasies
wat verwys het na die setlaars se slegte behandeling van die
Khoikhoi. Hertzog het die boek in gloeiende taal veroordeel, wat die
verkope sterk laat styg het en die Trustees 'n behoorlike wins
verskaf het.
Na hierdie sukses het
die Trustees besluit om die Kaapse rapport van goewerneur De
Chavonnes en sy Raad te
publiseer, asook dié van Van Imhoff. Dit was egter nie regtig deel
van die verpligtings van die Biblioteek om argivale material te
publiseer nie, en die koste sou bowendien aansienlik wees, aangesien
die Trustees ook 'n Engelse vertaling wou publiseer; daarom is
besluit om 'n private organisasie te stig om die onderneming te
administreer. Op 29 Augustus 1918 het die eerste vergadering
plaasgevind van die nuwe vereniging met die naam "Van
Riebeeck-Vereniging vir die Publikasie van Historiese
Dokumente". Die Vereniging het aanvanklik 54 lede gehad, baie
van hulle Parlementslede, en die eerste boek wat gepubliseer is, was
die verslag van De Chavonnes.
Nuwe
rigtings
Die boeke van die Van
Riebeeck-Vereniging weerspieël dikwels die tyd waarin hulle onstaan
het. Die vroegste werke het oor die Nederlandse tydperk gehandel, in
ooreenstemming met die belangstelling van daardie tyd in die
Nederlandse erfenis van ons land. Die boeke oor die 1820-setlaars
(onder andere) dui op 'n verandering van fokus en belangstelling.
Die honderdjarige herdenking van die Suid-Afrikaanse /
Anglo-Boereoorlog het verskeie publikasies oor minder bekende
aspekte van die oorlog die lig laat sien. Reisverslae bly steeds
gunsteling-publikasies, onder andere omdat hulle soveel waardevolle
inligting oor die inheemse bevolking van die land verskaf – maar
die perspektief is dié van blankes.
In
die Suid-Afrika van ná apartheid hoop ons om ons publikasies uit te
brei om die geskrifte van swart Suid-Afrikaners in te sluit, ook van
meer vroue, en oor meer ongewone onderwerpe. In die verlede het ons
meestal vir redakteurs gewag om met voorstelle vir publikasie na
vore te kom; in die toekoms wil ons aktief betrokke wees in die
soeke na redakteurs en onderwerpe wat na ons mening kan bydra tot
die nuwe rigting van die Vereniging.
Raadslede
Prof Howard Phillips (Voorsitter)
Dr Elizabeth van Heyningen (Ondervoorsitter/Skakelwerk)
Mr Piet Westra (Sekretari/Tesourier)
Me Tanya Barben
Prof J C Bredekamp
Dr Francois Cleophas
Dr Con deWet
Dr Anton Ehlers
Regter I G Farlam
Prof P H Kapp
Dr Russell Martin
Prof Alan G Morris
Prof Susie
Newton-King
Prof Abner Nyamende
Me Cora Ovens
Me Sandy Shell
Mr Nick Southey (Gauteng-lid)
Prof C N van der
Merwe
Prof Johan
Wassermann (KZN-lid)
|
a
|