| a |
Tuisblad
Bedrywighede
Omtrent Ons
Nuusbrief
Notule van Jaarvergadering
Publikasies
Bestel 'n
Publikasie
Sluit aan by die
Vereniging
Voorlegging van navorsings-voorstelle
Voorskrifte vir
Redakteurs
Herdrukke
Skakels
Kontak Ons
Grondwet
|
a |
»»
BEDRYWIGHEDE ««
Algemene Jaarvergadering en bekendstellings van ons 2011-volume
Vanjaar is ons jaarvergadering en boekbekendstelling gehou in die
Slawelosie bo in Adderleystraat – ‘n paslike ruimte, aangesien die
destyds pas-gestigte Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek, waar
Pringle in Oktober 1822 as assistent-bibliotekaris aangestel is, in
hierdie gebou gehuisves was. Die voorsitter, Howard Phillips, het
die aanwesiges welkom geheet en sy jaarverslag gelewer, wat u sal
vind onder
Algemene
Jaarvergadering - Notule.
Howard Phillips praat oor The South African Letters
of Thomas Pringle
Na ‘n
kort pouse is Randolph Vigne, die redakteur van ons 2011 volume,
The South African Letters of Thomas Pringle, aan die gehoor
voorgestel; hy het gepraat oor Thomas Pringle en sy rol in die Suid-Afrika
van sy tyd. Klik op Randolph Vigne se
bekendstellingstoespraak
vir sy boeiende uiteensetting. Daarna kon ons, soos gewoonlik, ons
verlustig in die heerlike kos en drank, en het ons die kans gekry om
met ou vriende te gesels en nuwe vriende te maak - en ook om nuwe
lede te registreer, want baie van Randolph se ou vriende was daar om
hom te ondersteun. Hy was nogal besig met volumes wat geteken moes
word!

Randolph Vigne gesels met ‘n bewonderaar

Kyk net die tou wat hul volumes geteken wil hê

Die partytjie ná die bekendstelling
Die
onvermoeibare Randolph was ook beskikbaar vir die tweede,
“kommersiële” bekendstelling van sy boek - op Woensdag 9 November in
die Book Lounge, Roelandstraat 71. Daarna het Randolph na Grahamstad
gevlieg, na ‘n bekendstelling op 11 November, gereël deur die
Nasionale Engelse Letterkundemuseum, met Jeremy Frogg as die
voorsitter. Ons Ooskaapse lid Alan Kirkaldy het by hierdie
geleentheid 12 eksemplare van die boek verkoop. Terwyl hy in
Grahamstad was, het Randolph ook ‘n groot groep leerlinge van St
Andrews toegespreek. Hierna het sy swerftogte hom na Gauteng gevoer,
waar hy opgetree het by ‘n bekendstelling in die Boekehuis onder die
bekwame voorsitterskap van ons Gauteng-Raadslid, Nick Southey. Ons
verneem dat dit ‘n groot sukses was – meer as sewentig mense het die
klein, intieme ruimte volgepak, maar die goeie luidsprekerstelsel
het gesorg dat almal vir Randolph kon hoor
Direkte uitsending
Gillian Godsell
het 'n onderhoud oor die Vereniging gevoer met ons lid Gerald
Groenewald; dit is op Dinsdag 22 September 2009 oor die
Johannesburgse radiostasie Radio Today uitgesaai. (Sommige van u het
miskien vir Gerald hoor praat oor ons volume 36,
Trials of Slavery,
waarvan hy en Nigel Worden die redakteurs is.) Ons het 'n kopie van
die onderhoud ontvang, en 'n geredigeerde weergawe wat omtrent 20
minute duur, is op ons webwerf. Indien u klankverbinding het, klik
op
onderhoud om
daarna te luister.
Gillian het beloof om in Januarie 2012 ‘n onderhoud te voer met ons
nuwe eksterne Raadslid, Nick Southey, - ons hoop om ‘n opname
daarvan vir u te kry.

Toekomsmusiek
‘n
Hele aantal genres is in die pyplyn vir die volgende jare, van
18e-eeuse reisverslae tot dagboeke van eertydse inwoners van die
Kaap tot die versamelde briewe van prominente Suid-Afrikaners. In
die laaste kategorie, byvoorbeeld, is die briewe van politici
soos M. T. Steyn (president van die Oranje-Vrystaat van 1896 tot
1902), en dr A.B. Xuma (president van die A.N.C van 1940 tot
1949); van skrywers soos Olive Schreiner (outeur van The
Story of an African Farm), en dokters soos James Barry (oor wie se seksuele
identiteit veel meer geskryf is as oor sy belangrike mediese en
politieke arbeid aan die Kaap tussen 1816 en 1828).
In
die kategorie van beplande reisverslae staan twee publikasies uit:
Peter Kolb se Caput Bonae Spei hodiernum (‘Kaap die Goeie
Hoop vandag’), oorspronklik in 1719 in Duits gepubliseer, en Ensign
August Frederik Beutler se verslag van sy pioniersreis na die
Ooskaap in 1752, terwyl in die dagboek-kategorie, dié van Lady Anne
Barnard se eertydse mansbediende, Samuel Eusebius Hudson en van die
Ooskaapse sendeling, eerwaarde James Laing (1803-1872), ryklik sal
bydra tot ons kennis van die ontwikkelende Kaapse samelewing.
Ondanks hul groot verskeidenheid, het al hierdie beplande
publikasies een ding gemeen: hulle sal nuwe insigte in die
Suid-Afrikaanse geskiedenis bied vanuit die perspektief van mense
wat dit beleef het. Sodoende vervul die VRV sy doel om die verlede
met sy eie stemme te laat praat.
|