|
»»
GIDS VIR MEDEWERKERS WAT VOORSTELLE AAN DIE RAAD VAN DIE VAN
RIEBEECK-VERENIGING VOORLÊ ««
1.
Die Van Riebeeck-Vereniging is in 1918 gestig
om seldsame en waardevolle boeke, pamflette en
dokumente in verband met die geskiedenis van
Suider-Afrika te druk of te herduk vir verspreiding
onder lede en vir verkoop aan die publiek. Vyftig
boeke is in die Eerste Reeks gepubliseer.
Tans is die Tweede Reeks aan die gang en 40
volumes het reeds verskyn. Uitgawes word
gewoonlik in Engels gepubliseer, hoewel
nie-Engelse tekste wel in die oorspronlike taal gepubliseer kan word
indien ‘n Engelse vertaling bygevoeg word. As alternatief kan slegs
die Engelse vertaling van die teks gepubliseer word, afhangende van
die aard en omvang daarvan.
2.
Voorstelle vir publikasies moet aan die sekretaris van die VRV by
die onderstaande
adres gestuur word. Die voorstel moet ‘n kort beskrywing van van die
projek (4 bladsye), ‘n skatting van die verwagte omvang en ‘n
waardebepaling van die historiese en/of literêre waarde daarvan
insluit, asook uittreksels uit die manuskrip en ‘n kort bibliografie.
Die datum waarop die finale geredigeerde manuskrip gereed sal wees
moet ook aangedui word. In sommige gevalle mag die bestuur versoek
dat die volledige teks van die voorgestelde publikasie ook ingedien
word. Indien die bestuur die voorstel goedkeur en aanbeveel dat dit
as ‘n projek van die vereniging aanvaar word, sal die VRV ‘n kontrak
met die redakteur(s) sluit en hy/sy/hulle sal voorsien word met
“Voorskrifte vir redakteurs” oor die redigering en persklaarmaak van
manuskripte.
3.
Daar moet op gelet word dat die Vereniging oor baie beperkte fondse
beskik waaruit navorsingsuitgawes gefinansier kan word. Medewerkers
moet dus bewus wees daarvan dat hulle baie van die navorsing
moontlik self sal moet finansier of elders fondse moet bekom.
4.
Afgehandelde manuskripte moet aan die sekretaris gestuur word. Een
of meer beoordelaars, wat deur die raad daarvoor aangewys sal word,
sal die manuskrip lees en beoordeel. Enige kommentaar, toeligting of
uitbreiding oor ‘n aspek in die manuskrip sal met die radakteur wat
dit voorgelê het opgevolg word. Nadat die raad die manuskrip
goedgekeur het, sal dit gepubliseer word onder toesig van ‘n
aangewese lid/lede van die raad.
5.
Die Vereniging onderneem om alle koste in verband met die publikasie
van die volume te dra. Oor die opneem van illustrasies en kaarte in
die publikasie moet met die raad onderhandel word. Die redakteur van
‘n volume wat deur die Vereniging gepubliseer word sal, in die geval
van ‘n enkele redakteur, 6 gratis kopieë van die werk ontvang.
Indien daar twee redakteurs by die publikasie betrokke was, word
tien gratis kopieë voorsien en in gevalle van meer as twee
redakteurs, twaalf gratis kopieë.
6.Die raad van die VRV nooi alle belangstellendes uit om voorstelle
te maak oor geskikte bronne van die Suider-Afrikaanse geskiedenis
wat na hulle mening gepubliseer behoort te word. Kommentaar kan aan
enige lid van die raad of aan die sekretaris gestuur word.
7.
Kontakbesonderhede en kantoorure van die Vereniging:
Kantoorure: Maandae, Woensdae, Vrydae 09:30 – 13:30
E-pos:
vanriebk@mweb.co.za
Posadres: Posbus 15151,
vlaeberg,
8018, Suid-Afrika
Telefoon: +27 (0)21 423 8424; Faks: +27 (0)86 670 9828 |